Die Paasnaweek grendel reëls

Die regering het aangekondig dat Vlak 1 van die grendel maatreëls steeds van krag sal wees gedurende die Paasnaweek, maar dat bykomende inperkings vir die naweek vanaf Vrydag tot en met Maandag sal geld.

Die verkoop van alkoholiese drank word verbied, maar restourante kan drank bedien onder sekere voorwaardes.

Kroeg en restourante se alkohol verkope mag plaasvind tot 23h00 maar dit mag nie uit die perseel weggeneem word nie.

Kerke mag eredienste hou met ʼn maksimum van 250 mense in die gebou, en 500 mense word toegelaat in opelug byeenkomste.

Reise tussen verskillende provinsies word toegelaat, maar die owerheid versoek dat dit liefs beperk word, maar kenners sê die oproep sal nie veel krag dra nie en mense sal reis soos nulle wil.

Vakansie oorde, strande en parke word nie gesluit nie, maar word glo onderwerp aan die gestelde protokol, en die aandklok reël bly vanaf 12 uur middernag tot 04h00 soggens.

Begrafnisse word beperk tot 2 uur tydperk en slegs 100 mense word toegelaat by enige begrafnis gedurende die naweek.