Die nadeel van wind-energie

In ʼn onafhanklike studie wat gedoen is oor alternatiewe energie opwekkings metodes, het dit duidelik geword dat die massiewe groot windlaaiers nie net voordele inhou vir die omgewing nie.

Die ondersoek toon dat die gevaar wat jare lank geheers het met Eskom se hoogspannings drade, nou ook ter sprake is met die massiewe windlaaiers.

Eskom het jare gelede begin om merkers aan sy drade te hang sodat voels betyds kan sien dat hulle op die drade afpeil, wat vroeër so baie se dood veroorsaak het.

Nou is dit weer die windlaaiers wat geblameer word dat voëls onbewus is van die massiewe lemme wat vinnig draai in tye wanneer die wind sterk waai.

Die aanbeveling word gemaak dat die windlaaiers ʼn rooster-agtige omhulsel kry wat sal voorkom dat voëls in die lemme vas vlieg, en sulke roosters behoort ook van merkers voorsien te word om seker te maak voëls sien die roosters betyds.

Die ondersoek toon ook dat klagtes reeds geopper word van windlaaiers wat ʼn steurende dreuning veroorsaak, en word dit aanbeveel dat die enorme groot windlaaiers eerder naby die kus in die see opgerig word, en sal daarmee ook verseker dat die natuurskone gebiede nie ontsier word met die hoë torings nie.