Die ANC inenting program

Behalwe dat Suid-Afrikaners staan en toekyk hoe sukkel die owerheid om die werkers in gesondheidsdienste te immuniseer, word die vertroue in wat die inentings program behels, al meer as onhaalbaar beskou.

Die aanvanklike uitspraak van ministers dat 40 miljoen mense ingeënt sal wees teen einde Desember, is later verander na 22 miljoen sal dan geïmmuniseer wees.

Maar Suid-Afrikaners skud die kop en sê ook dit sal nie bereik word nie, veral omdat die mense bo 60 jaar, se inenting eers in Meimaand gaan begin – indien dit wel gaan gebeur, is dit veels te laat om einde Desember se mikpunt te haal.

Die ent van mense bo 60 jaar word as die tweede fase gesien, en as dit eers in Meimaand begin, sien Suid-Afrikaners swarigheid vir die winter wat op pad is.

Die nuwe mikpunt word ook dadelik ongedaan gemaak dat dit dal nie bereik sal word as entstof nie afgelewer word soos beoog is nie, het een minister gesê.