Derde pandemie in Meimaand

Met die geringe styging in nuwe koronavirus infeksies die afgelope week, is die voorspelling gemaak dat die begin van die derde pandemie is wat in Mei verwag word.

Die wintermaande wat infeksies bevorder is voor die deur, en die reeds waarneembare toename in infeksies is die voorspel tot ʼn aansienlike toename in infeksies, veral omdat Suid-Afrika hopeloos agter is met immunisering van mense.

Die immunisering van mense ouer as 60 jaar begin eers in die tweede helfte van volgende maand, en die vooruitsig om vinnig ingeënt te word is uiters skraal met die tempo wat tans gehandhaaf word.

Geneeskundiges reken die derde pandemie sal nie so hewig wees as die eerste twee nie, maar met die gevaar van die nuwe variant koronavirus wat hoogs aansteeklik en oordraagbaar is, kan mense nie versigtig genoeg wees nie.