Denemarke: Oud premier stig nuwe party

Uit die hoofstad Kopenhagen, in Denemarke, word berig dat die welbekende voormalige Eerste Minister, Lars Lokke Rasmussen, beplan om ʼn nuwe politieke party te stig.

Die voormalige premier het dit ten doem om die regse en linkse partye en ondersteuners in ʼn pragmatiese en “sonder dogmatiese” stemme, die beweging te begin.

Die nuwe denkrigting is eerstens ten doel om die na-oorlogse denke op politieke gebied omver te druk en mense met nuwe ideale begeester.

Vroeër het Rasmussen bedank uit die gematigde regse Liberale Party nadat hy die 2019 verkiesing verloor het teen die Sosiaal Demokrate, en kort daarna ook onttroon is in die party waarvan hy leier was.

Hy het aan die media gesê ʼn nuwe party kom tot stand wat pragmaties is en werklike sin maak in sy beleid en koers.

Denemarke is die afgelope tyd gedomineer deur die gematigde-linkse Sosiaal Demokrate en die gematigde regse Venstre party sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog.

Rasmussen wil sy nuwe party se beleid reg tussen die bestaande twee partye posisioneer, maar kenners reken dit sal slegs kan slaag as prominente politici van beide kante inkoop op die nuwe party.