Covid infeksies slaan Indië

Die jongste syfers oor Indië se nuwe infeksies het skokgolwe deur die land veroorsaak, en ernstige kommer bestaan nou oor die moontlike maatreëls wat getref moet word, maar nie toegepas is nie.

Die afgelope naweek het die totale nuwe infeksies die 14 miljoen oortref, en in die vorige 24 uur tydperk is meer as 200,000 nuwe gevalle aangemeld.

Die nuwe rekord syfers het die regering se beste pogings om die pandemie te bestry, as vrugteloos bewys, en dit kom nadat die hoofstad New Delhi die inperkings maatreëls begin verlig het weens die ontevredenheid van miljoene inwoners.

Intussen het die owerheid besluit om winkels, restourante, gimnasiums en kroee begin inperk, maar met die ontdekking van ʼn nuwe variant van die koronavirus, word die gevaar nog veel groter, sê die owerheid se woordvoerder.

Sedert Woensdag is die sakeondernemings gesluit en met ʼn daaglikse sterfte van meer as 1,000 mense het die totaal in sterftes reeds meer as 173,000 getel.