Covid: Duitsland behulpsaam in Indië

Die geweldige toename van infeksie gevalle in Indië het sodanig geword dat Duitsland besluit het om behulpsaam te wees om die land se enorme krisis te verlig.

In die afgelope vyf dae het Indië elke 24 uur tydperk, sowat 350,000 nuwe infeksies geregistreer, wat beteken dat daar binne die tydperk van 5 dae meer as 1,5 miljoen nuwe infeksies geregistreer is.

Eerste Minister Narendra Modi sê die storm wat Indie getref het, het ook die ganse nasie geskud, en is die hoop uitgespreek dat die onverskillige optrede nou sal plek maak vir verantwoordelike handelinge.

Massas mense kom bymekaar in vergaderings, sonder om enige maatreëls in ag te neem  –  geen maskers, geen afstand van mekaar nie, en gereelde hande was is nie deel van die massa mense se optrede nie.

Meer as 17 miljoen mense het reeds koronavirus infeksie opgedoen, en hospitale is tot oorlopens toe vol terwyl honderde sterf weens ʼn tekort aan suurstof by die hospitale.

Intussen het privaat instansies begin om suurstof te produseer om hulle eie noodgevalle te help.

Bondskanselier Angela Merkel het aangekondig dat Duitsland gereed gemaak het om Indië behulpsaam te wees, en alhoewel dit nie duidelik is wat beoog word nie, word dit vermoed dat die lewering van suurstof een van die noodhulp planne is. Toerusting wat suurstof produseer sal glo na Indië geneem word om hospitale te versterk.

Intussen het die EU aangekondig dat hy ook meganisme in plek kry om Indie tye help met sy geweldige groot stryd.