Chad weier onderhandeling met rebelle

Die regerende Juta in Chad het gesê geen onderhandelinge oor skietstilstand sal met die rebelle gevoer word soos wat hulle die owerheid versoek het nie.

Die nuwe Juta onder leiding van die seun van Chad se president het die rebelle se versoek geweier om oor ʼn skietstilstand te onderhandel.

Die rebelle is verantwoordelik vir die dood van president Idriss Deby wat gedood is toe hy sy soldate besoek het wat veg teen die rebellemagte.

ʼn Woordvoerder van die rebelle het aan die media gesê hulle is gereed vir bilaterale gesprekke oor ʼn skietstilstand en die onderhandel om ʼn politieke skikking te bereik.

Die woordvoerder van Chad se weermag het gesê daar is nie nou ʼn rede om met onwettige rebelle te onderhandel nie, en die land word gelei deur wyle president Deby se oudste seun, Mahamat.

Intussen is daar roeringe onder die kiesers oor die “self aangestelde Juta” wat die land regeer terwyl die verwagtinge is dat ʼn nuwe presidentsverkiesing gehou sou word.