Busdiens bied vergoeding vir inligting

Die “Golden Arrow” busdiens het ʼn vergoeding van R200,000 aangebied vir enige inligting wat kan lei tot die skuldigbevinding van diegene wat sy luukse bus tot as verbrand het.

Die aanval op die luukse bus het die vervoermaatskappy reeds duisende Rand gekos en met die meer as 55,000 verskillende reise per week, kan die maatskappy nie langer verduur dat geweldenaars sy busdiens benadeel nie.

Die aanval op die luukse bus het mense laat skarrel wat van die vervoerdiens gebruik gemaak het, en sommige het later op die sosiale netwerk hulle ervaring gedeel.

Dit is egter nie net “Golden Arrow” se busse wat van tyd tot tyd aangeval word nie, en maatskappye het te kenne gegee dat die aanvalle hulle sal dwing om nie langer enige diens aan die Wes-Kaap te lewer nie.

Van die busse wat daagliks kinders na en van die skole vervoer, sê hulle kan nie bekostig om een dag sonder een van die busse te wees nie, want kinders het reeds ʼn moeilike jaar wat korter is as gewoonlik weens die pandemie, en moet gereeld die klasse bywoon.