Buitelandse hulp daag op in Indië

Die eerste besending met noodvoorraad mediese toerusting en ander voorraad om die ernstige krisis teen die koronavirus pandemie in Indië te bestry.

Die noodsaaklikheid van mediese toerusting in die oorvol hospitale het ʼn dringende noodsaaklikheid geword met die infeksies wat nou tot 350,000 nuwe gevalle is wat elke 24 uur aangemeld word.

In die afgelope 6 dae is bykans 2 miljoen nuwe infeksies geregistreer, en sterftes per 24 uur is bykans 3,000 gevalle, wat waarskynlik so baie is weens die tekort aan suurstof.

Dit is nie net hospitale en klinieke wat oorstroom word nie, want begrafnis ondernemers word ook beproef met die massas mense wat elke dag te sterwe kom.

 Duitsland, die Verenigde Koninkryk en die VSA het almal begin om die nood te probeer verlig deur ventilators te voorsien wat suurstof produseer,.

Sowat 100 ventilators en 95 suurstof apparate is afgelewer en is deur ʼn woordvoerder bestempel as die “internasionale hulp wat in werking is”.

Later het hulp ook opgedaag uit Frankryk, Pakistan, Israel terwyl die Wereld Gesondheid Organisasie (WGO) ook dringende en noodsaaklike toerusting gestuur het.