Britte stel sanksies in teen Guptas

Die Verenigde Koninkryk se Minister van Buitelandse Sake, Dominic Raab, is van voorneme om sanksies in te stel teen die Gupta broers wat vroeër daarvan beskuldig is dat hulle by grootskaalse korrupsie in Suid-Afrika betrokke was.

Die Britte het ook die korrupsie wat tussen die Guptas en die voormalige president, Jacob Zuma was, as deel van die beweegrede beskou.

Ajay, Atul, en Rajesh “Tony” Gupta word onder 22 mense uit ses lande oorweeg vir instel van sanksies, wat kan wissel van visums tot eiendom en finansiële middele wat gevries kan word.

Intussen het die Gupta broers wat glo in die Emirate woon, ontken dat hulle enigiets verkeerd gedoen het terwyl hulle in Suid-Afrika bedrywig was.