Brasilië vind variant virus soos SA s’n

Terwyl Brasilië gebuk gaan onder die aanslag van die koronavirus pandemie, word hy verder geteister met ʼn variant soortgelyk as wat in Suid-Afrika gevind is.

Die Gesondheid owerheid in die land sê die variant virus is ontdek en is soortgelyk aan die een wat in Suid-Afrika gevind is, en word as meer gevaarlik beskou weens die vinnige aansteeklikheid daarvan.

Die eerste pasiënte met die nuwe variant koronavirus is in die suidoostelike deelstaat van Sao Paulo gevind en aan die gesondheid owerheid bekend gemaak.

Byna 4,000 mense sterf daagliks weens koronavirus infeksie in die land, en die president, Jair Bolsonaro, word persoonlik daarvoor blameer weens die swak bestuursmetodes wat deur die regering gebruik word om die pandemie te bestry.

ʼn Woordvoerder van die Departement sê die variant is soortgelyk as die van Suid-Afrika, maar daar was geen reise onderneem van en na Suid-Afrika nie en elke passasier is deeglik getoets wat uit ander lande in Brasilië aangekom het.