Boot van 4,000 jaar gelede word herwin

ʼn Boot wat beskou word as ʼn soort kano word stuk vir stuk na die water oppervlakte gebring deur navorsers wat die oudste vaartuig bekend, uit die Constantia Meer herwin.

Die vaartuig is ontdek by die grens tussen Duitsland en Switserland, en is deur wetenskaplikes aangewys as die oudste vaartuig omdat die besondere kano sowat 4,000 jaar gelede in gebruik was.

 Die herwinning het verlede week begin om die agt meter lange kano uit die bodem van die meer te haal wat na raming 2,400-2,300 VC in gebruik was, waarvan die een deel reeds in 2018 ontdek is.

Dit sal waarskynlik weke neem om die verskillende dele van die kano na die oppervlakte te bring want dit moet met groot versigtigheid gedoen word om te verseker dat dit nie beskadig word nie.

Die hout waarvan die kano gemaak is, het oor die eeue verswak en moet nou met groot versigtigheid hanteer word.

Die kano is in die tydperk afkomstig toe boomstompe hol gemaak is om as vervoermiddel te gebruik as vissersboot en om goedere te vervoer, en bewyse is ook by die meer gevind dat mense wel oor die meer na die anderkant gevaar het.