Boko Haram terroriste in SA?

Die staat het in die vooraf verhoor van twee lede wat klaarblyklik bande het met die terroriste groep Boko Haram, gevra dat hulle nie enige borgtog toegestaan word nie.

Die twee is sterk teengestaan tydens die aansoek om borgtog, en die staat het aangevoer dat daar geen rede is waarom borgtog toegestaan moet word aan misdadigers wat verbonde is aan ʼn terroriste organisasie nie.

Die staat het aangevoer dat vrese bestaan dat die twee nie sal huiwer om ander te intimideer nie, en behoort dus nie toegelaat te word om borgtog te kry nie.

Babili Meshack Mtswene en Clarence Ngobeni het in die Pretoria Landdroshof verskyn nadat hulle in Maart gearresteer is en nou vir gewapende roof vervolg word asook vir beweerde geld roof by ʼn buitelandse winkel in Mamelodi.

Die twee se foto’s mag nie vertoon word nie aangesien die ondersoek na hulle aktiwiteite nog onafgehandel is.

 Die bewering dat hulle bande het met die Boko Haram groep kon nie uitgeklaar word nie, maar die vermoede bestaan dat dit die tweede voorval is van terroriste wat nou in Suid-Afrika bedrywig raak.