Biden wil $1.8 triljoen teen “ongelykheid” bestee

Die linkse president van Amerika, Joe Biden, het aangedui dat hy van voorneme is om $1,8 triljoen gaan bewillig om die “welvaart ongelykheid” onder mense eb families in die land reg te stel.

Sy voorstel kan groot weerstand kry van die Republikeine wat nie ten gunste van sulke sosialistiese planne is nie.

Biden hoop om met die miljarde dollar eerstens die belastings van die welvarendes te verhoog wat dan aangewend kan word om die “finansiele ongelykheid” aan te spreek.

 Biden het die aankondiging met sy toespraak voor die Amerikaanse kongres gedoen tydens sy eerste 100 dae in die Wit Huis as president.

 Biden het tydens sy toespraak wat op TV gebeeldsaai is, sy Amerikaanse Familie Plan uiteengesit en hoop op goedkeuring van die diep verdeelde VSA Kongres  om R1,8 triljoen te bewillig.

 Die nuwigheid van Biden volg op die hakke van sy Amerikaanse Werk Plan wat aanvanklik deur Trump geïnisieer is op ʼn meer werkbare stelsel.