Bedrog: So word jy besteel

In die afgelope paar maande is sowat 650 nuwe bedrog sake aangemeld by die ombudsman wat gemoeid is met bank bedrog sake waar skelms prober om toegang te kry tot individuele persone se bankrekenings,

Die jongste metode, wat soms ietwat veskil, is so opgestel deur die bedrieers dat baie mense in die strik trap en besteel word.

ʼn Bank kliënt ontvang ʼn foon oproep wat voorgehou word as iemand van die Bank en word “ingelig” dat daar pogings is om die bankrekening in te breek en geld te onttrek.

Die kliënt word gevra om die “Bank” te help sodat bedrog gekeer kan word, en belowe soms vergoeding vir samewerking.

Om alles te voorkom word die kliënt gevra om besonderhede te gee. E-pos adres

Bank rekening nommer, pin nommer, woon adres, en nog moontlike inligting.

Teen die tyd dat die inligting alle verstrek is, is die klient se rekening klaar leeg getrek.

Kenners wys daarop dat jou bankier nooit jou besonderhede per telefoon of per e-pos sal aanvra nie. Dit sal nooit onder enige omstandighede gebeur nie, en banke vra gereeld dat kliënte nie hulle bank besonderhede aan enige persoon moet gee nie.

Die bank beskik oor al die inligting van sy kliënt, en sal dus nooit daarvoor hoef te vra nie, en in die lig daarvan word aanbeveel dat die bank in kennis gestel word van die voorval, en indien beskikbaar, kan die foonnommer vanwaar die kliënt geskakel is, ook aan die bank verstrek word.