Baske maak geskiedenis met sjokolade

Die klein Baskiese volk in die noordelike deelstaat, Baske Land, het ʼn groep sjokolade vorms vervaardig wat ʼn getroue weergawe is van “Guernica”, die kunstenaar Picasso se meesterlike kunswerk.

Die span Baskiese sjokolade vervaardigers het daarmee die gebeure van die bombardering in 1933 van die klein dorpie waar Baske woon, daardeur herdenk met die sjokolade ontwerp as vertoonstuk om hulle vaardigheid te toon en hulle kultuur geskiedenis uit te beeld.

Die “Guernica”, is een van die wêreld se mees beroemde kunswerke en is Picasso se reaksie gewees op die bombardering van die dorpie deur vegvliegtuie van die Nazi uit Duitsland.

Die besondere skildery van Picasso hang in een van die gesogte kunsgalerye van die wêreld in Madrid.

Die Baske is ʼn besonder klein volk, met ʼn lang geskiedenis van stryd, wat oor dekades hulle finaal gevestig het in die hoër liggende dele van die deelstaat in Spanje, vanwaar hulle ʼn baie sterk ekonomiese faktor geword het en veral in die vervaardigings bedryf gevestig is, en dit op ʼn koöperatiewe beginsel bedryf.