Australië investeer in missiel ontwikkeling

Eerste Minister Scott Morrison van Australië het aangekondig dat die land ʼn groot investering beplan om te verseker dat ʼn selfvoorsiening vir sy verdediging vermoë uitgebou gaan word.

Die premier het die aankondiging gemaak tydens ʼn opening seremonie van die Raytheon Australian Sentrum in Adelaide.

Hy het die land beïndruk met sy aankondiging dat die vervaardiging van geleide missiele in Australië teen ʼn bedrag van $1 miljard dollar opgerig gaan word.

Morrison het bygevoeg dat ʼn ooreenkoms aangegaan is met ʼn jarelange alliansie vennoot, die VSA, aangesien dit nodig geword het om die land te versterk op sy verdediging.

Die vervaardiging van Australië se eie soewereine vermoë om die belangrike toerusting op sy eie grondgebied te ontwikkel is ʼn stap om die land en sy mense te beveilig teen vyandelike magte, het hy gesê.