AstraZeneca word uitgevoer na noodgebiede

Sowat 10 miljoen dosisse koronavirus entstof kan in die komende weke deur Duitsland uitgevoer word, waarvan ʼn deel waarskynlik na Indië gestuur sal word weens die geweldige krisis wat die land ondergaan.

Die Amerikaanse Wit Huis het aangekondig dat die VSA beplan om sowat 60 miljoen dosisse AstraZeneca entstof uit te voer na lande wat in nood mag verkeer.

Die Amerikaanse administrasie se woordvoerder, Jen Psaki, sê die entstof sal na verskillende wêrelddele gaan, maar sowat 10 miljoen dosisse sal ook na Indië gestuur word.

Die VSA beskik oor baie entstof, en het reeds 600 miljoen dosisse ontvang wat vervaardig is deur Moderna en BioNtech-Pfizer, waarvan baie gebruik is in die immunisering veldtog.

Volgens die woordvoerder is die twee vervaardigers se entstof genoeg om die land se inwoners te immuniseer, en daarom kan die AstraZeneca uitgevoer word na lande wat nie voldoende voorraad het nie.