AstraZeneca kry wind van voor

Miljoene mense in die Verenigde Koninkryk is met AstraZeneca entstof geimmuniseer in die afgelope weke, en tot hede is sowat 80 mense geidentifiseer wat bloedklonte opgedoen het weens die inenting.

Geneeskundiges en wetenskaplikes bestempel dit as ʼn baie klein persntasie wat die newe effek van ʼn bloedklont opgedoen het, maar dit word nie oral so beleef nie.

Die Filippyne is die jongste staat wat besluit het om immunisering met die entstof te staak, en het die besending van net meer as 500,000 dosisse beskou as die laate besending wat gebruik sal word.

Intussen is vasgestel dat talle Europese lande, sowel as verskeie state in die Ooste en ook Suid-Afrika verkies om nie met die entstof voort te gaan nie. Suid-Afrika se regering beweer dat sy eerste besending AstraZeneca entstof an ander Afrika lande verkoop is, maar ingeligte bronne betwyfel dit of die entstof verkoop is en nie geskenk is nie, aangesien die vervaldatum in April is.

Suid-Afrika se weiering om die entstof te gebruik spruit uit die bevinding dat dit nie doeltreffend is teen die SA variant van die koronavirus nie.

Die Filippyne het 525,000 dosisse ontvang wat ongeveer 20% van die bevolking sou immuniseer.