ANC moet Chris Hani voorbeeld volg

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, het ANC lede opgeroep om die voorbeeld van Chris Hani te volg en in sy voetspoor te loop.

Ramaphosa het die afgelope Saterdag as spreker opgetree by ʼn seremonie in die park waar die kommunis Hani as leier begrawe is.

Dit is nou 28 jaar gelede dat die kommunistiese leier doodgeskiet is, en Ramaphosa sê Hani was ʼn goeie kameraad en vriend.

Met wyle Clive Derby-Lewis se vuurwapen, het Janus Walus die kommunistiese leier voor sy eie huis doodgeskiet, maar is spoedig daarna gearresteer en is die twee persone lewenslange tronkstraf opgelê.

 Politieke ontleders sê die oproep van Ramaphosa dat ANC lede in Hani se voetspore moet volg, beteken dat die ANC daarna streef om Suid-Afrika ʼn kommunistiese staat te maak soos Hani beoog het om te doen.