ANC kabinet word geskommel

Die gerugte dat president Ramaphosa eersdaags die kabinet wil kleiner maak om ekonomiese redes, word al duideliker as die media hieroor begin berig en spekuleer.

Volgens ingeligte bronne oorweeg die president dit om die kabinet te skommel en te verklein wat beteken ʼn aantal ministers sal hulle poste kwyt wees.

Die samestelling van die kabinet sal ook beteken dat verskeie ministers meer as een Departement sal kry, sê een van die Engelstalige koerante.

Dit wil egter luk of aankondigings eers gemaak gaan word wanneer al die drama tot ʼn einde gekom het, want om nou links en regs af te sit as ministers, kan die komende plaaslike owerheid verkiesing laat swaai in die guns van opposisiepartye.

Onder die skommeling kan verwag word dat die Departement Kleinsake Ondernemings onder Dept. Handel ingetrek sal word, wat in alle gevalle lankal moes wees. Openbare Ondernemings behoort ook hier ingedeel te word.

Eskom en ander entiteite kan moontlik by Dept. Energie ingedeel word, en dat Transnet by Dept. Vervoer sal wees.

Ramaphosa sal waarskynlik ook nuwe aanstellings maak, wat ondermeer insluit die Minister van Presidensie, waarvan die minister, ene Jackson Mthembu, intussen oorlede is.