ANC: Hoë profiel mense se toekoms

Die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC het beslis dat sy lede wat daarvan beskuldig word dat hulle skuldig is aan misdrywe soos korrupsie en ander vergrype, moet bedank uit hulle poste, of anders kan hulle skorsing in die gesig staar.

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het die besluit bekend gemaak en eerstens die party se sekretaris-generaal versoek om sy keuse te maak – bedank uit die pos, of word geskors.

Maar Ace Magashule is nie die enigste ANC lid wat die keuse moet maak nie, en alhoewel daar talle is wie se name nog nie genoem word nie, kan dieselfde gesê word van Sindiswa Gomba, van die Oos-Kaap wat afgedank is uit haar pos nadat bevind is dat sy gepeuter het met staatsfondse.

Danny Msiza is die ANC se finansiële beampte in Limpopo wat verdink word van bedrog en geldwassery in die VBS Mutual Bank wat bankrot geraak het weens korrupsie en wanbestuur.

Zandile Gumede staar vervolging in die gesig weens beweerde betrokkenheid by nog ʼn skandaal waar sowat R320 miljoen in tender bedrog ter sprake is terwyl sy burgemeester was.

Mike Mabuyakhulu is een van Ramaphosa se lojale ondersteuners maar wat weens omkopery van nagenoeg R300,000 ook vervolg word, en Thembalethu Ntuthu in die Oos-Kaap is onlangs uit sy amp ontslaan weens bedrog en geldwassery van meer as ʼn jaar gelede.

Dit is volgens kenners slegs enkele gevalle wat waarskynlik uit hulle ampte sal moet bedank as hulle nie geskors wil wees nie.

Die betrokke lede is almal 30 dae tyd gegun om hulle keuse uit te oefen.