ANC dreig Zuma-faksie oor vergadering

Die ANC van die Groter Johannesburg Streek het die Gautengse groep van die Zuma-faksie gewaarsku dat daar stappe geneem sal word teen lede wat die afgelope Sondag se vergadering sou bywoon.

Volgens plakkate wat versprei is en berigte op die Sosiale Network is ʼn massa vergadering gehou die afgelope Sondag, maar of lede van die ANC die geleentheid bygewoon het sal eers later bekend gemaak word.

 Waarnemers reken dat baie ANC lede wat Zuma-ondersteuners is, die massa vergadering in Johannesburg bygewoon het, maar dat twyfel bestaan of die dreigement van disiplinere stappe nie werklik toegepas sal word nie, uit vrees dat dit kan lei tot die skeuring wat verwag word deur Magashule veroorsaak kan word.

Die ANC Streek het later gesê die kennisgewings en skrywes op die Sosiale Netwerk is sonder die goedkeuring van die Gauteng streek gedoen, en kan tot optrede lei teen die oortreders.

Dada Morero van die Gauteng Streek was blykbaar hoog ontstoke oor die moontlikheid dat lede die Zuma ondersteuners se byeenkoms wil bywoon, en sal waarskynlik staatmaak op spioene wat die vergadering bygewoon het, om name van prominente ANC lede te bekom.

“Ons doen ʼn beroep op alle ANC lede om nie die byeenkoms by te woon nie en ons eerder by te staan en identifikasie te doen wie die geleentheid bywoon”, het hy gesê.