Amptelike brandstof prys

Die departement van Energie het die prys van brandstof vir April aangekondig, en dit tree in werking op Woensdag, 7 April 2021.

Die reuse verhoging in prys sal motoriste swaar tref terwyl almal poog om finansieel te herstel van die pandemie wat ʼn groot invloed op mense se geldsake veroorsaak het.

  • Petrol 95: verrhoog met R1.00 per liter
  • Petrol 93: verhoog met R0.95 per liter
  • Diesel 0.05%: styg met R0.65 per liter;
  • Diesel 0.005%: styg met R0.63 per liter;
  • Paraffien: verhoog met R0.35 per liter.

Die skerp toename word veroorsaak deur die Rand wisselkoers, die styging in die wêreld se olieprys en die bykomende 27 sent wat as verhoging in die Pad Ongelukke Fonds se heffing bygevoeg is.