Afghan: VSA onttrek eers ambassade personeel

Die Amerikaanse regering het opdrag gegee dat die ambassade personeel eerste uit Afghanistan vertrek voordat die troepe die land verlaat.

Die VSA sê in ʼn verklaring die maatreël is getref weens die “toenemende geweld en dreigemente” wat teen Amerikaners gerig is, en van die ambassade personeel word dadelik onttrek uit die oorlog geteisterde land.

Die onttrekking uit Afghanistan volg nadat die vorige Amerikaanse president, Donald Trump, gesê het die VSA sal onttrek uit die land waar hy vir 20 jaar lank sy troepe gehad het in ʼn poging om die geweld te stop, maar nie daarin kon slaag nie.

Washington het egter die versekering gegee dat die ambassade nie onbeman sal wees nadat die Amerikaanse soldate die land verlaat het nie, en die dienste wat tot nou gelewer is, sal voortgaan sonder enige vermindering daarvan.

Die moontlikheid dat die oorlog tussen die regeringsmagte en die rebelle se intensiteit gaan verhoog, is nie uitgesluit nie, en kenners reken die land gaan nou sy moeilikste tyd in die afgelope 20 jaar binne.