Aanval uit Jemen op Iran vragskip

Teenstrydige berigte is ontvang van ʼn reuse “ontploffing” by ʼn reuse vragskip van Iran in die besige waters van Jemen  se omgewing, en die skip wat veronderstel is om te funksioneer as ʼn militêre basis van die Iran Revolusionêre Wag, is blykbaar deur onbekende aanvallers se missiel getref.

Die MV Saviz vragskip het die aanval oorleef, maar die Minister van Buitelandse Sake in Iran se bevestiging dat die vragskip anker moes gooi in die Rooi See, wys op hoe ernstig die ontploffing is wat die skip getref het.

Alhoewel dit nog onduidelik is oor wie vir die aanval verantwoordelik is, blyk dit tog dat die vermoede dat die Revolusionêre Wag van Iran met vyande te doen kry omdat dit as basis op see gebruik sou word.

Alhoewel die woordvoerder van die regering in Iran beweer dat niemand seergekry het met die aanval nie, word die vermoede al sterker dat die vyandelikes poog om die kernwapen ooreenkoms te kelder wat tans in onderhandeling is in die Oostenrykse hoofstad Wene.