Zuma se woer-woer speletjie slaag

Die voormalige ANC president, Jacob Zuma, se woer-woer speletjie duur reeds sowat 10 jaar en met sy huidige weiering om voor regter Raymond Zondo te verskyn, bevestig dat hy sukses bereik om die tralies te vermy.

Enige ander persoon sou lankal gevonnis en agter tralies gewees het vir minstens 10 jaar se bedrog, maar die ANC regering en meelopers is duidelik nie van plan om reg en geregtigheid op die korrekte wyse toe te pas nie.

Na wat verneem word, moet die Grondwethof nou weer nuwe aspekte aanhoor in verband met die oud president.

Die Grondwethof sal die week glo ʼn aansoek aanhoor om te bepaal wat die volgende stap moet wees.

Regslui sê egter dat daar meer as voldoende rede bestaan waarom Zuma summier gearresteer en agter tralies gegooi mag word, maar bedenkinge bestaan nou of die veelvuldige besoeke wat aan Zuma gebring is, die toesmeer gaan verseël.