Zuma se pad raak moeilik

Die voormalige ANC president, Jacob Zuma, behoort voor die hof gebring te word om gedwing te word om voor die Zondo Kommissie te getuig, maar tot hede het daar niks van gekom nie.

Die Kommissie oor Staatskaping het nou die hof gevra om bevel toe te staan dat Jacob Zuma vir twee jaar agter tralies moet kom omdat hy eerstens die Kommissie se sitting verlaat het sonder verskoning, en tweedens omdat hy die beslissing van die Grondwethof ook nie nagekom het nie.

Die ver-linkse Helen Suzman Stigting is van mening dat Zuma in die tronk moet kom weens sy arrogante optrede om die howe van Suid-Afrika te ignoreer.

Die behoudende Afrikaners het egter gesê die optrede van Zuma hou ʼn ernstige gevaar in vir die demokrasie (wat reeds verongeluk is) maar wat totaal vernietig word met die voorbeeld wat gestel word. Sy optrede gaan misdadigers aanmoedig om dieselfde te doen.

Zuma ignoreer die howe se uitspraak, en wat erger is, is dat die Minister van Polisie te papbroekig is om die wet toe te pas en Zuma summier te arresteer en agter tralies te sit soos wat hy so graag doen wanneer dit hom pas, sê invloedryke Afrikaners.