Zuma manewales raak ingewikkeld

Die voormalige ANC president, Jacob Zuma, het tot hede die tronkdeure bly ontsnap, en sommige meningsvormers reken hy kan dalk glad nie agter tralies beland nie.

In die afgelope paar dae het Zuma die media ingelig dat hy geen beswaar het om in die Staatskaping ondersoek te getuig nie, maar weier volstrek om dit in die teenwoordigheid van regter Zondo te doen.

Zuma se regsverteenwoordiger het ook laat blyk dat hulle die Grondwethof en die land se grondwet respekteer, en dit wil eerbiedig, maar nie as Raymond Zondo die voorsitter van die Zondo Kommissie is nie.

Zuma het herhaal dat hy die slagoffer is en dat hy op advies van sy regsverteenwoordigers die Zondo Kommissie se verhoor sal bywoon.

Bewerings is gemaak dat Jacob Zuma die ses mees senior lede van die ANC ontmoet het, en dat die gesprekke op ʼn totale mislukking afgestuur het.

Intussen is verneem dat regter Zondo en Jacob Zuma in die geheim vergader het.