Zuma besoek die Zambiese koning

Ingeligte bronne het aan Die Vryburger rapporteer dat die voormalige ANC president, Jacob Zuma, besoek gebring het in Zambië, en die koningshuis is besoek.

Die vreemde optrede volg nadat verskeie politieke leiers, waarvan sommige selfs opponente van hom was, besoek gebring het by sy woonplek Nkandla, en klaarblyklik het almal advies gegee oor wat die oud president moet doen.

Jacob Zuma sit egter nie en wag dat die gereg sy gang gaan nie. Die traagheid in ANC geledere om hom summier in die tronk te stop het Zuma laat optree, en besoek gebring aan die Koning van Zambië.

Wat die doel van die besoek is, kan net geraai word, maar meningsvormers dink die moontlikheid bestaan dat Jacob Zuma die land kan verlaat en onder beskerming van die Zambiese vors, die tronktralies vermy.

Koning Mswati III is besoek, en Zuma het verblyf in die “Royal Villas” in Ezulwin net buite die hoofstad Mbabane.

Die luukse eenheid waarin die oud president gebly het, kos sowat R2,000 vir ʼn nag, en die voormalige president het klaarblyklik voldoende fondse gehad.