Zoeloe koning Zelinthini oorlede

Die Zoeloe koning, Goodwill Zwelithini, is Vrydag in die vroeë oggend ure in die ouderdom van 73 jaar oorlede na hy opgeneem is in die hospitaal vir behandeling van diabete.

Die voormalige IVP leier, Prins Mangosuthu Buthelezi het gesê dit is met hartseer dat die inligting aan die Zoeloe bevolking en aan Suid-Afrika se inwoners bekend gemaak word.

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa het ook Vrydag hulde gebring en sy meegvoel betuig teenoor die familie.

Goodwill was sedert die begin van Februarie in die hospitaal waar hy behandeling ontvang het, maar dokters kon nie daarin slaag om die agteruitgang om te keer nie.

Koning Goodwill se afsterwe weens infeksie van die gevreesde koronavirus het menige ondersteuners tot die besef geruk dat die Covid virus steeds groot gevaar vir mense is, veral as mense ook ander gesondheids probleme ondervind.