Wetenskaplikes ontdek “Super-Aarde”

Die “super-aarde, bekend as Gliese 486 b” is soortgelyk as die aarde waarop ons woon, maar dit is onwaarskynlik dat die planeet vir ons as aardbewoners ʼn nuwe tuiste kan word, sê die geleerdes.

Die soektog na ʼn alternatiewe “aarde” in die hemelruim het vir wetenskaplikes ʼn uitdaging geword wat waarskynlik nie gou sal realiseer nie, en derduisende mense reken dit sal nooit werklikheid kan word nie.

Die meegaande foto is slegs ʼn kunswerk van hoe die oppervlakte van die Gliese 486 b lyk, en die planeet is ontdek en is “nie so baie ver weg” van ons aarde nie, want dit is net buite ons eie sonnestelsel geleë, en navorsers is besig om vas te stel wat die moontlikheid is van lewe op die planeet.

Dit is reeds vasgestel dat die planeet se oppervlakte temperatuur ietwat koeler is as Venus, wat die moontlikheid van lewe soveel meer na ʼn moontlikheid laat lyk.

Die wetenskaplikes sê die planeet is nie ʼn alternatiewe woonplek vir ons aardbewoners nie, want dit is ʼn droë, planeet waar lawa in riviere vloei en data wat bekom is toon dat dit veels te warm is vir aardbewoners.

Dit bied egter die moontlikheid dat ander soorte, selfs primitiewe vorms van lewe daar kan bestaan, wat nou met nie toerusting nagevors kan word.