Wet en orde stort ineen

Dit is skokkend dat oproermakers ‘n stad en sy inwoners gyselaar kan hou, maar dit is wat gebeur  in die Kaap en Durban. Verkeer op die N2 snelweg en die R300 by die Kaap is tot stilstand gebring nadat protes makers die twee toegangsweë versper het met voorwerpe en brandende bande.

Intussen het verkeer op die N2 tussen Hibberdene en Izingolweni in Natal tot stilstand gekom weens voortslepende protes optogte. Die streke se metro polisie en die SAP  staan klaarblyklik hulpeloos om die optredes hok te slaan.  Hierdie is  ‘n weerspieëling van die toestand van  wet en orde reg deur Suid Afrika waar wetstoepassers klaarblyklik nie die opleiding en/of die vermoë het om landsburgers te beskerm teen rampokker optrede nie.

Waarnemers wys daarop dat dit ʼn gruwelike oortreding van die wet is om van paaie, veral snelweë, parkeer areas te maak.