Werkloosheidsfonds sonder geld?

Die Suid-Afrikaanse Werkloosheid Versekeringsfonds het verlede week bekend gemaak dat die berigte nie waar is dat die Fonds sonder geld is nie.

Die verklaring lui dat die berigte wat versprei word waarin beweer is dat die WVF sonder geld is, nie waar is nie en wil Suid-Afrika die versekering gee dat alles soos gewoonlik hanteer word/

Die verklaring lui voorts dat die versekering gegee word aan kliente dat die WVF se finansies gesond is en dat alle finansiële verpligtinge nagekom word.

Klaarblyklik was daar ʼn berig op die sosiale netwerk wat beweer het die WVF is sonder geld, maar die berig is later verwyder en dit bemoeilik die opspoor van die skrywer daarvan, is gesê.