Wat bepaal uitnemende onderrig?

Verskeie woordvoerders het hulle bes gedoen om die gebruiklik swak matriek uitslae met woorde wiggelary te probeer voorstel as ʼn prestasie;

selfs as ʼn “oorwinning” oor buitengewone omstandighede. (met verwysing na ondeurdagte skole sluitings in 2020)

Die openbare skole slaagsyfer staan weer eens in skrille kontras met BCVO se 99%-slaagsyfer.

Prakties is dit belangrik om daarop te wys dat:

            CVO skole het dieselfde Covid-uitdagings beleef as elke ander skool …

            Anders as openbare skole, was daar GEEN reddingsboeie uit staats-oord nie!

            CVO skole ontvang voorts proporsioneel weinig aan subsidie.

Ons kinders beleef dieselfde sosiale ontwrigting wat ons land teister, en spruit uit ondeurdagte regeringsbeleid en -optrede.

            Inteendeel: ONS kinders beleef uitsonderlike diskriminasie …

Dit dwing die vraag na vore:

            WAT BEPAAL GEHALTE ONDERRIG?

Dit is, eendersyds, maklik, dog noodsaaklik, om erkenning te gee aan die toewyding van onderwysers – diegene vir wie die onderrig van ons kinders ʼn roeping is.

Dit is sekerlik belangrik dat goeie leerplanne, deeglike en deurlopende toetsing, hersiening en voorbereiding sal geskied, om deurlopende gehalte en toepassings-vermoë van die leerlinge te verseker.

Sinvolle ingryping en aanvullende onderrig spreek gaping aan.

Ouer-betrokkenheid en -ondersteuning, maar bo alles toewysing deur die leerling self in die ontwikkeling van sy / haar toekoms is onmisbaar.

Voldoende hulpmiddels en tegnologie dra natuurlik by tot die sukses resep, maar leerlinge wat geleer word dat hulpmiddels bloot HULP is, is leerlinge wat leer om vir hulleself te dink en hulle verworwe kennis intelligent toe te pas.

Vind al die voorgaande plaas in ʼn stabiele omgewing – tuis en skool – vorm dit ʼn waardevolle steunstelsel vir elke kind.

WAT MAAK DAN DIE VERSKIL?

Die feit dat (volks)kultuur wat setel in die Woord van God, noodwendig beter is as ander kulture – terwyl dit natuurlik belangrik is om duidelik te meld “beter” is die genadegawe van God, wat daardie kultuur-bewustheid van die gelowige en gelowige volke skenk.

Dit word bewys deur die sukses van Christelike skole.

Maar dit gaan dieper as die ooglopend meetbare sukses van ʼn matriek-slaagsyfer.

Daar is baie skole met indrukwekkende akademiese uitslae.

Maar skole en gehalte onderrig het ʼn vasgestelde rangorde in SA:

CVO skole neem die eerste plekke in – ongeag hul grootte of akademiese prestasie.

Juis omrede hulle suiwer Christelik funksioneer, met sekondêre klem op volks-kultuur, geskoei op hul Bybelse uitlewing.

            In die tweede blok van rangorde is Christelik-gereformeerde skole.

            Eers daarna vol gander skole, hetsy openbare- of privaat skole.

Gegewe die roeping dat élke kind in die vrese van die HERE opgevoed móét word, is enige sogenaamd sekulêre skool bloot draadsittend – en die blote akademiese uitslag is betekenisloos gemeet aan die Bybelse roeping dat ons en ons kinders op élke lewensterrein God sal verheerlik – tot uitsluiting van alle ander uitkomste.

Wanneer ons ons kinders dít leer, en in Christelike skole laat opvoed, geniet ons die verdere gawes van akademiese prestasie, uitlewing van kultuur en uiteindelik ook die gawe en vreugde van ʼn Christen-leefwyse.

Dít is uitnemende onderrig.