VSA vra aksie teen Sjina

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het die VSA vennote opgeroep om aksie te neem teen die aggressie van Sjina.

Blinken het die VSA se lojaliteit teenoor vennote herbevestig en gesê ondersteuning sal gegee word waar nodig.

Die minister het dit uiteengesit tydens die Navo lande se byeenkoms van Ministers van Buitelandse Sake in die Belgiese hoofstad Brussel.

Minister Blinken het die alliansie vennote toegespreek en beklemtoon dat die bedreiging van Sjina en Rusland afkomstig is, en nie geïgnoreer mag word nie, en daarom is Navo se verenigde front uiters noodsaaklik.

Hy het ʼn beroep gedoen op die alliansie vennote om die militêre vermoë sowel as die paraatheid in stand te hou wat insluit die opgradering van kernwapen tegnologie en digitale ontwikkeling.

 Kenners wys daarop dat dit Donald Trump was wat die Navo lande, veral vir Duitsland, laat wakker skrik het omdat hulle nie voldoende bydrae tot die paraatheid van Navo nie.