VSA plaas meer druk op Mianmar

Die Verenigde State van Amerika het aangekondig dat hy nuwe maatreels instel om druk te plaas op die militêre Juta van Mianmar wat ʼn onwettige regering is na die staatsgreep uitgevoer is.

Washington het die ministerie van Verdediging en van Binnelandse Sake geblokkeer sodat sekere handelstransaksies nie gedoen kan word nie.

 Uitvoer na Mianmar is ook gestop en maatreëls is ingestel wat dit vir die militariste moeiliker sal maak om sekere noodsaaklike goedere te bekom uit die buiteland.

Die polisie en weermag het in die afgelope weke meer as 1,700 burgerlikes wat deelgeneem het aan protes optogte, gearresteer en in tronke aangehou

Meer as 54 mense is reeds deur die polisie doodgeskiet wat aan verset optogte deelgeneem het, en die internasionale gemeenskap, asook die Verenigde Nasies verdoem die optrede, stel ekonomiese en reis sanksies in, maar dit lyk nie veel veranderings teweeg te bring nie.

Alhoewel die VSA se Departement Handel gesê het Mianmar gaan nie van die VSA goedere gekoop kry nie, is daar talle ander lande wat swyg, en waarskynlik die geleentheid sal aangryp om handel te dryf met die onwettige regering.