VSA: Man naby vise-president gearresteer

President en vise-president

Die polisie van Washington in die VSA het wenke ontvang oor ʼn man wat moontlik met die dra van ʼn swaar wapen en baie ammunisie besig is met ʼn onwettige optrede.

Die man is deur die intelligensie diens gearresteer naby die woonplek van die Amerikaanse visepresident weens die besit van ʼn swaar kaliber vuurwapen en ʼn ammunisie “toevoer eenheid” wat nie toelaatbaar is nie.

Visepresident Kamala Harris word nie aanvaar onder die regse elemente in die VSA nie, maar geen sekerheid is gevind dat die beskuldigde van plan was om haar om die lewe te bring nie, en is gevolglik aangekla vir die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

Die 31-jarige man van Texas is na ʼn wenk ontvang is, in die straat gearresteer waar Harris woonagtig is, en polisie woordvoerders sê alhoewel die man nie enige iemand kwaad aangedoen het nie, bestaan die moontlikheid dat hy betyds gekeer is, of dat hy selfs verstandelik aangetas is wat hom uiters gevaarlik kan maak.