VSA en Japan kan Sjina laat kreun

Senior diplomate van die VSA het met hul eweknie in Japan gesamentlik besluit in Tokyo dat die staatsgreep in Mianmar en die kernwapen ontwikkeling in Noord-Korea sowel as die Sjinese invloed die belangrikste aspekte is wat nouer samewerking vereis.

Die Minister van Buitelandse Sake in die VSA, Antony Blinken, het die Japanese diplomaat, Toshimitsu Motegi, asook die Minister van Verdediging, Nobuo Kishi, ontmoet om oor die belangrike aspekte te beraadslaag.

Dit is die eerste oorsese besoek wat die nuwe Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken onderneem het.

Die ontmoeting van Dinsdag het ook gekonsentreer op die toenemende aggressie van Noord-Korea se kommunistiese regering van Kim Jong Un, asook die noodsaaklikheid om ʼn verenigde front te bou teen die aggressie maar moet ook rekening hou met toestande in Mianmar.

Beide lande het hulle kommer uitgespreek oor die destabiliserende gevolge wat Noord-Korea, Mianmar en Sjina veroorsaak.