Vryburg boer kry vee terug

Slegs voorbeeld

Lourens de Jager van die Vryburg distrik het met kommer vasgestel van die groot klomp vee wat op sy plaas gesteel is, maar kon later ʼn dankbare sug van verligting gee.

Mnr. De Jager het uit radeloosheid ʼn prys van R150,000 gebied aan diegene wat sy 98 kruisteel beeste terug kon bring na sy plaas nadat die diere die middel van Maart gesteel is.

Die Charolais-Bonsmara geteelde kalwers se wegwees, het die veediefstaleenheid genoop om die grootskaalse rooftog te ondersoek, veral toe verneem is dat ʼn beloning daaraan gekoppel is.

ʼn Man van 37 jaar is deur die polisie gevange geneem, wat hulle toe na drie ander boere geneem het aan wie die vee verkwansel is. Alhoewel 82 kalwers teruggevind is, bly De Jager se skade nog ernstig want 16 is nog nie terug gevind nie.

Suid-Afrika se boere gaan jaar na jaar gebuk onder die toenemende verliese van vee wat gesteel word, en so ook ondervind saaiboere dat hulle lande deurloop onder die vlytige handewerk van diewe, en vrugteboere sien hoe hulle produkte langs die paaie verkwansel word wat uit die boorde weggedra is.