Vreemde bedmaats

Dit is kommerwekkend dat ons mense so naïef kan wees.  Naïef om met mense om te gaan wat uitgesproke vyande van die Boere Afrikaner was EN nog steeds is.  Daar het skielik ‘n oproep uitgegaan van ‘n groep “bekommerde” individue wat die konstitusie en demokrasie wil verdedig en die land red waarheen dit op pad is,  naamlik ‘n ” mislukte staat”.

Die persone en organisasies sluit in eerwaarde Frank Chikane,  Sheila Sisulu, Sipho Pityane. Twee swart bewustheid leiers Saths Cooper en Monjanku Gumbu.. Mmusi Maimane vorihee leie van die DA, Thuli Madonsela en dan nog wetenskaplikes soos Salim Karim, Shabir Madhi , Glenda Gray.  Trevor Manuel het ook sy steun aan die beweging gegee. Die sameroeper van die groep is Neeshan Bolton van die Ahmed Kathrada Stigting.

Die name “swart bewustheid leiers”, die Ahmed Kathrada Stigting en die Suid Afrikaanse Raad van Kerke en swart vakverbonde om net vier te noem, roep beelde op van weerstand, haat en selfs anargie teen die Boere Afrikaner. Nou word “ons” opgeroep om saam met hierdie mense ‘n groep te vorm om die land te probeer “red”.  Hul keer hul rug op hul eie maaksel alhoewel meeste van hulle nog steeds binne die ANC sit.

Saamwerk met die “rasionele, eerlike meerderheid”? Rêrig.?  Moet ons al ons beginsel prysgee om nou hande te vat met diegene wat gehelp het om die land, ons kerke en ons ekonomie af te breek?  Is ons geheue so kort dat ons vergeet wie die vyand van die Christendom (sien Boere Afrikaner) is?   Toe daar nee gestem moes word het almal agter die Ja stem aangeloop.  Die Boere Afrikaner Volksraad kiesers soek net ‘n skrale 30,000 mense wat opgestaan het om getel te word.

Die vraag bly steeds: Qua Vadis. Waarheen met eens Blank Suid Afrika?