Voertuig kapings nou krisis afmetings

Versekeringsmaatskappye en sekuriteit instansies is dit eens dat voeruig kapings aan die toeneem is nou na die president die grendel maatreëls verslap het en skurke meer vrylik mag beweeg.

Die kapers fokus op punte waar motoriste verplig word om te stop, en by die valhekke is kapers bedrywig want alle voertuie moet stop om die valhek oop te kry.

Verrigting stopstrate is die twee in gewildheid by kapers, want talle voertuie kom uit die verskillende rigtings en kapers is baie bewus van watter voertuie gekaap moet word.

Gewone stopstrate is ook ʼn brandpunt, maar dit is minder gevaarlik, terwyl sekere verkeersligte wat voertuie soms “onnodig” lank wag voor die groen lig aankom, dikwels die brandpunt is waar vragmotors, geld vervoer waens, en duur motors die slagoffers is.

Suid-Afrika het nie net ʼn skrikwekkende moord en verkragtings rekord nie, maar het in die afgelope maande ook hoog gestyg in die kapings drama, en motoriste behoort hulle te beveilig met iets soos pepersproei, gebruikmaking van veiligheidsgordels, al die deure gesluit, geen vensters oop nie en nie te stadig ry as die stadsverkeer dit toelaat nie, en maak deurgaans gebruik van tru-spieëls om nie onverhoeds verras te word nie .