VN: Staak moorde teen protesteerders

Die Verenigde Nasies (VN) se Kommissie vir Menseregte het  gerapporteer dat die jongste syfers toon dat minstens 149 mense reeds gedood is deur die veiligheidsmagte van Mianmar sedert die protes optogte begin het na die staatsgreep uitgevoer is.

Die protesteerders wat gekant is teen die staatsgreep, en ook eis dat die wettig verkose premier vrygelaat moet word uit aanhouding, het nie gestuit vir polisie wreedheid wat lewensverlies tot gevolg gehad het nie.

Die afgelope paar dae is ʼn totaal van 68 mense deur die polisie doodgeskiet terwyl hulle aan protes aksies deelgeneem het, en wat vreedsaam verloop het tot die polisie op hulle begin skiet het met lewendige ammunisie.

Die VN woordvoerder sê die polisie se onwettige optrede teen protesteerders wat vreedsaam betoog, nie langer toegelaat kan word nie, en versoek die militariste wat tans onwettig regeer in Mianmar, om die koelbloedige moorde te stop.