Virus: Die pandemie kan verander

Die wêreldwye pandemie van die koronavirus het reeds die 119 miljoen bevestigde gevalle van infeksie bereik, en meer as 2,6 miljoen mense het gesterf daarvan.

Suid-Afrika het die vorige 24 uur tydperk 1,477 nuwe infeksies geregistreer en 109 mense het in die tyd gesterf daarvan, wat die totale aktiewe infeksie gevalle nou op net meer as 27,000 stel, wat die laagste is sedert Junie 2020.

Die goeie resultate wat die afgelope week vrygestel is deur die Minister van Gesondheid, is verblydend en het duisende mense se gemoed toestand verbeter, maar dat sulke lae syfers ook ʼn ernstige gevaar inhou, word nie deur almal begryp nie.

Die moontlikheid van ʼn derde pandemie mag nie onderskat word nie, en die beste voorbeeld hiervan is Frankryk waar die derde pandemie die land getref het en nou daaglikse infeksies van meer as 30,000 per 24 uur aangeteken word.

Die belangrikste element is om juis nou meer versigtig te wees. Inwoners van die land kan ʼn derde pandemie miskien nie vryspring nie, maar kan minstens toesien dat dit van ʼn minder ernstige geval gaan wees.

Die belangrikste is om sosiale afstand te handhaaf, ʼn masker te dra buit die woonplek, hande gereeld te was, en by sakeondernemings gebruik te maak van die reinigingsmiddels wat beskikbaar is by die ingang na die geboue.