Varkgriep tref die Wes-Kaap

Die Departement van Landbou en die Wes-Kaapse Landbou departement het albei bevestig dat daar ‘n uitbraak van Varkgriep (AfricanSwineFever) in die Wes-Kaap is. Dit is die eerste keer dat die griep in die Wes-Kaap aangemeld is. Twee klein hoewes in die Mfuleni distrik noord van Khayalitsha is aangedui as die oorsprong van die uitbraak. Vervoer en verkoop van varke in die omgewing is verbied om verdere besmetting te voorkom. Normaalweg is dit Oos-Transvaal, Sentraal Transvaal, Vrystaat, Noord- en Oos Kaap waar die virus voorkom.

Inname van besmette voedsel, voer en vullis is gewoonlik die rede vir die ontstaan of uitbreek van ASF. Varkboere is gewaarsku om dissipline toe te pas en seker te maak dat voedsel nie besmet is nie en om persele gereeld te ontsmet. Die Departement het in ‘n verklaring gesê dat varkgriep (ASF) nie mense affekteer nie.