Vakbond eis hulp vir werkloses

 Die Vakbond Cosatu sê die land se R350 per maand vir werklose mense moet weer ingestel word tot aan die einde van die huidige jaar.

Die vakbond sê ʼn permanente basiese bedrag moet as inkomste vir werklose mense ingestel word, en behoort spoedig in werking gestel te word.

Waarnemers wys daarop dat so ʼn stelsel die land ongeveer R40 miljard sal kos, wat met die huidige swak ekonomiese stand van die land, beslis nie bekostigbaar sal wees nie.

Cosatu het die afgelope week sy “voorgestelde begroting” aan die parlement voorgelê en beklemtoon dat die verlenging van die R350 per maand aan werkloses noodsaaklik is.

Die voorstel bevat ook die bewering dat die ANC regering herhaaldelik gesê het dat ʼn basiese inkomste aan mense gegee moet word op ʼn permanente basis.