Vaaldam inhoud nou meer as 100%

Met die goeie reëns wat die afgelope maande in die grootste deel van die somerreënval gebied uitgesak het, is dit verblydend dat damme oor die algemeen veel meer water gekry het as die ooreenstemmende tyd in 2020.

Die Vaaldam se watervlak is tans 105% en volgend weervoorspellings is die moontlikheid goed dat nog reën gedurende die tweede helfte van Maart in die opvanggebied verwag word.

Die Bloemhofdam is 103% vol en die Verwoerddam op 99% terwyl baie water nou uitgelaat word om die droogte geteisterde gebiede van Oos-Kaap te voorsien van water.

Water uit die Verwoerddam word glo via die Oranje-Visrivier tonnel vir Port Elisabeth beskikbaar gestel aangesien die stad ʼn ernstige water tekort ondervind en die water-aanleg eers oor ʼn week in volle werking sal wees.

Weerkundiges sê die goeie reën patroon wat oor die land is, is aan die verswak maar nog reën kan tot in April en selfs later verwag word vir die somer reënval gebied.

Die moontlikheid bestaan ook dat die weerpatroon ook in die volgende reënseisoen teenwoordig sal wees, alhoewel dit ietwat later sal wees.