Treinbotsing in Egipte eis dosyne lewens

Twee passasierstreine het in ʼn botsing met mekaar sowat 36 mense se lewens geeis en ʼn onbekende aantal het ernstige beserings opgedoen.

In ʼn eerste verklaring deur die Egiptiese Gesondheid Ministerie is bevestig dat 32 mense dood is en minstens 66 het beserings opgedoen, maar later het onafhanklikes waarnemers gesê meer mense is dood en aansienlik meer het beserings opgedoen.

Minstens drie motors is ook in die ongeluk getref waarvan talle insittendes beseer is en vir ure moes wag voor redding spanne hulle uit die voertuie kon verlos om met ambulanse na ʼn hospitaal vervoer te word.

Die ongeluk het sowat 450 km ten suide van die hoofstad Kaïro gebeur, en die spoorweg woordvoerder sê die ongeluk is veroorsaak deur ʼn onbekende persoon wat die nood remstelsel geaktiveer terwyl hy in een van die treine was.

 Die polisie op soek na die persoon, maar dit wil lyk of hy soos ʼn groot speld verdwyn het, of kon omgekom het tydens die botsing.