Terrorisme eersdaags in SA

Die gebeure in die buurstaat Mosambiek waar Suid-Afrikaners moes vlug vir hulle lewens en een met sy lewe betaal het toe die Islamitiese Staat terroriste ʼn aanval uitgevoer het op die hotel waar hulle teenwoordig was, bring die terreur groep weereens nader aan SA.

Kort na die aanval uitgevoer is, het berigte die media bereik dat sowat 12 Suid-Afrikaners by die terroriste groep aangesluit het.

Militêre deskundiges sê dit is die eerste stap waar die Islamitiese Staat, met behulp van die nuwe lede, aanvalle op plase in Suid-Afrika gaan verhoog tot ʼn situasie waar dit onhoudbaar word.

Dit sal nie net mense lewens op plase verder bedreig nie, maar gaan ook ʼn nadelige invloed uitoefen op voedsel sekerheid.

Kommer bestaan ook daarin dat die terroriste groep militêr goed opgelei is, terwyl die SA Weermag se kundigheid om oorlog te voer teen terroriste bewegings uiters beperk is.

Die Vryburger het vier jaar gelede reeds gewaarsku dat hierdie tendens die land se volgende bedreiging gaan word, maar tot hede het die owerheid weinig gedoen om groter paraatheid te vestig in sy veiligheidsmagte.